Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Nooddienste was gister, 16 Desember, op die toneel van 'n botsing ongeveer 5 km buite Oudtshoorn op die Calitzdorp-pad.
'n Tata met twee volwassenes, twee kinders en 'n hondjie het die pad verlaat en gerol.
Die bestuurder is behandel vir 'n kopwond en die kinders was behandel vir geringe beserings. Die hondjie het slegs 'n paar skrape opgedoen.
Die motor het links van die pad op die gruis beland, 'n heining getref en gerol.
Geen ander voertuie was betrokke nie.
Kyk 'n video hieronder:
Die tata het in die veld tot stand gekom.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'