Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - 'n Persoon is lig beseer toe 'n motor vanoggend sowat 30 km buite Oudtshoorn op die R62 gerol het.
Die ongeluk het ongeveer 06:30 plaasgevind.
Die vyf insittendes was vanaf Ladismith na Oudtshoorn onderweg.
Die bestuurder het aan beamptes gesê hy het die pad byster geraak nadat hy deur die son verblind is.
Kyk 'n video hieronder.
ARTIKEL, VIDEO & FOTO: HANNES VISSER, OUDTSHOORN COURANT-REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'