Die ongeluk het voor die indraai na Chandelier op die George-pad gebeur.
Volgens die polisie het ‘n BMW, wat in George se rigting gery het, drie voertuie verbygesteek.
Die Polo het in Oudtshoorn se rigting gery en die bestuurder van die Polo het vir die BMW uitgeswaai en onder die vragmotor wat langs die pad was beland.
Die BMW het na bewering van die toneel af weggery. Die beseerdes is per ambulans na die Klein-Karoo Mediclinic geneem.
Lees Vrydag meer in die Oudtshoorn Courant, en aanlyn.
 (Large).jpg)
Die erg beskadigde Polo. Foto's: Liezl van Niekerk
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'