Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Die bestuurder van 'n Toyota Corolla is met ligte beserings hospitaal toe nadat hy omstreeks 13:00 'n tuinmuur in Arnold de Jagerrylaan, Toekomsrus, platgery het.
Dit is onduidelik hoe die botsing plaasgevind het.
Volgens omstanders is die man vermoedelik 'n Somaliese winkeleienaar.
Die botsing het sowat 50 meter vanaf die plek plaasgevind waar 'n skoolleerder sowat drie weke gelede haar ma se motor omgegooi het.
Kyk 'n video hieronder.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'