Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - 'n Fiat met vier insittendes het vanoggend omstreeks 01:30 by 'n skerp draai deur 'n betonmuur in Kerkstraat naby die brandweerstasie gery.
Volgens die eienaars van 'n insleepdiens in die aangrensende erf het hulle remme en 'n harde slag gehoor waarna die onderneming langs hulle se alarm afgegaan het.
Die Fiat het in die erf tot stilstand gekom met die voorwiele op die randjie van 'n steil wal. Etlike sentimeters verder en die motor sou teen die wal afgestort het tot waar 'n aantal busse onder hom geparkeer was.
Die eienaar van die Fiat het die dienste van 'n insleepdiens van die hand gewys en met behulp van 'n ander motor en na byna 'n uur se gespook, daarin geslaag om die motor uit die erf te trek.
Niemand is beseer nie.
Volgens 'n sekerheidswag wat in die omgewing was het die motor by hom verbygejaag en by die draai remme aangeslaan voordat dit die muur getref het. Die slag het die elektriese heining bo-op die muur afgeruk en die alarm geaktiveer.
Kyk 'n video hieronder:
Die eienaar van die Fiat het die dienste van 'n insleepdiens van die hand gewys en met behulp van 'n ander motor en na byna 'n uur se gespook, daarin geslaag om die motor uit die erf te trek.
Die gedeelte van die erf waar die motor net voor 'n wal tot stillstand gekom het.
Die motor nadat dit uitgesleep is.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'