OUDTSHOORN NUUS - Anthony Hall, 'n gewese lid van die polisie se dwelm-, en moord en roofeenheid, het verlede Woensdag leerders in Ladismith toegespreek oor sy lewe as 'n werkende man tot 'n dwelmverslaafde.
Ao. Jan Cederas, woordvoerder van die Ladismith-polisie, sê Hall se besoek aan skole het gevolg na die verkragting van 'n negejarige meisie in Ladismith.
"Anthony het vertel hoe hy in sy lewe aan beide kante van die gereg gestaan het omdat hy dwelmsmokkelaars in hegtenis moes neem, en toe later self aan die verkeerde kant van die gereg gestaan het weens sy verslawing."
Hall is die stigter van Wêreldver-slawingsdag en doen ook motiverings-praatjies. Hy is ook die stigter van die rehabilitasiesentrum RAEL.
"Andrew het met die kinders en ouers oor verslawing gepraat en aan die ouers gesê om seuns van 'n jong ouderdom af te leer om vroue te respekteer. Hy het ook vertel van die gevare wat dwelms inhou en hoe vinnig dit mens se lewe kan oorneem.
"Hy het verder vir die kinders gesê om hul ouers te respekteer en die gemeenskap gevra om God eerste te plaas."
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'