Update
OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen 'n vrou van Bridgton op Oudtshoorn wat van moord op haar seun aangekla was, is in die Oudtshoorn-landdroshof van die hofrol verwyder.
Ellen Mentoor (37) is daarvan aangekla dat sy haar 16-jarige seun, Clinton, op Saterdag 9 September 2017 tydens 'n stryery, met 'n mes in die nek gesteek het.
Sy het geen vorige veroordelings nie en landdros Roelf Konstabel het verlede jaar borgtog van R500 aan haar toegestaan op voorwaardes dat sy elke Maandag en Vrydag by die Bongolethu-polisiestasie moes aanmeld, haar weerhou van enige kontak met 'n staatsgetuie, Bianca Jacobs, en ook nie by verdere misdaad betrokke raak nie.
Die saak is van die hofrol verwyder omdat die polisie ondersoek nog nie afgehandel is nie en Mentoor geregtig is op 'n spoedige verhoor sodat die saak afgehandel kan word.
Mentoor is egter deur die landdros meegedeel dat die saak met die afhandeling van die ondersoek weer op die hofrol teruggeplaas kan word.
Lees verwante artikel:
- Ma wat seun doodsteek weer in hof
- Ma wat seun doodsteek weer in hof
- Opvolg: Seun deur ma doodgesteek
- Seun sterf na ma hom steek
ARTIKEL: GARNETT WICOMB, OUDTSHOORN COURANT KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'