Update
OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen 'n vou van Bridgton wat van moord op haar seun aangekla word is in die landdroshof vir 'n streekhofdatum uitgestel.
Die 37-jarige Ellen Mentoor word daarvan aangekla dat sy haar 16-jarige seun, Clinton, op Saterdag 9 September tydens 'n stryery met 'n mes in die nek gesteek het.
Sy het volgens die staatsaanklaer, Leonie van Rooyen, geen vorige veroordelings.
Landdros Roelf Konstabel wat vroeër borgtog van R500 aan Mentoor toegestaan het, het dit verlede Vrydag verleng.
Sy moet elke Maandag en Vrydag by die Bongolethu Polisiestasie aanmeld en haar weerhou van enige kontak met Bianca Jacobs, 'n staatsgetuie.
Sy is ook gewaarsku om alle hofverskynings by te woon en nie betrokke raak by enige misdrywe nie.
Die saak is uitgestel tot 8 Desember.
ARTIKEL: GARNETT WICOMB
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'