CALITZDORP NUUS - 'n Gastehuiseienaar, Trudy van Niekerk, en haar man Peter, het kort voor die algehele inperking besluit om die hoofstraat van Calitzdorp te verfraai.
Volgens Van Niekerk woon sy en Peter reeds drie jaar in Calitzdorp en het hulle hul gastehuis, Red Door Guest Room, oopgemaak.
"Dit lyk so vaal as mens met Voortrekkerweg die dorp binnekom. Dit is ons hoofstraat en dit is wat toeriste sien as hulle deur die dorp ry en ons het besluit om dit bietjie op te kikker."
Volgens haar het ander inwoners baie vinnig ingespring om te help.
"Ons het eers by die begraafplaas begin en die sloot daar opgevul en klippe gepak en begin mooimaak. Ons het spekbome gekry wat ons binne die begraafplaas geplant het. Die wat nie kon plante of potte skenk het nie het gehelp met arbeid of selfs finansieel bygedra sodat ons vir die arbeid kan betaal."
Van Niekerk sê weens die inperking moes hulle eers die projek stop. maar het hulle onlangs weer voort gegaan en die voorkant van die kliniek begin mooimaak.
"Ons kon daar ook bome plant en klippe pak. Ons is egter nog ver van klaar af en is steeds van plan om die res van die hoofstraat ook mooi te maak."
Van Niekerk sê sy is trots op 'n Calitzdorper te wees en bedank almal wat tot dusvêr by hulle projek bygedra het.
'Ons bring jou die nuutste Klein Karoo nuus'