Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Rudi Lombard, 'n mondskilder, van Oudtshoorn, wil graag vir ander persone wat in 'n rolstoel is wys, dat mens steeds hoër hoogtes kan bereik.
Lombard is sedert die ouderdom van 15 in 'n rolstoel na 'n motorongeluk wat beide sy ouers geëis het. Hy het sy nek in die ongeluk gebreek en het slegs die gedeeltelike gebruik van sy een arm en nek oor.
"Ek het by die Mond- en Voetskildersvereniging aangesluit waar ek leer skilder het. Ek het besluit dat ek iets positief moet doen, want ek leef. My grootste begeerte is ook om dit vir ander kinders wat in soortgelyke omstandighede is te leer."
Volgens hom maak lede van die vereniging verskeie produkte met hul monde en voete.
"Baie van hulle skilder, ander doen weer naaldwerk. Daar is so baie wat mense nog kan doen. Ons verkoop ook die produkte."
Volgens Lombard doen hy gereeld demonstrasies vir mense om hulle te wys hoe om met die mond te skilder.
"Dit is 'n tegniek wat mens moet aanleer. Ek kon nooit skilder nie, maar het geleer. Om in 'n rolstoel te wees of om verlam te wees hoef nie die einde van jou lewe te beteken nie. Daar is nog so baie wat mens kan doen. Jy moet net wil."
VIDEO: Mondskilder wil ander leer
Lombard het altyd graag wild geskilder, maar weens die nekbesering sukkel hy deesdae met die detail.
"Ek skilder nou landskappe en is mal oor die kleur in my skilderye."
Vir meer inligting kontak Lombard by 084 606 1967 of kwads1967@gmail.com
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'