OUDTSHOORN NUUS - Die lewe eindig nie wanneer jy in 'n rolstoel is nie, maar jy moet ook die wil hê om die beste van jou situasie te maak.
So sê Rudy Lombard, 'n mondskilder, wat onlangs van George na Oudtshoorn verhuis het.
Lombard was op die ouderdom van 15 in motorongeluk wat sy lewe onherroeplik verander het. Hy het beide sy ouers in die ongeluk verloor en ook 'n ernstige nekbesering opgedoen wat hom heeltemal verlam gelaat het.
Dit het hom egter nog nooit ondergekry het.
Lombard doen gereeld praatjies en demonstrasies waar hy veral kinders leer om met die mond te skilder.
Lombard se kunswerke is deesdae meer kleurvol en het baie te doen met sy vrou, Katriena, met wie hy Saterdag 25 September getrou het.
Volgens hom wil hy graag ander persone in dieselfde omstandighede bemoedig.
Vir meer inligting kontak Lombard by 084 606 1967 of kwads1967@gmail.com
Lees meer in Oudtshoorn Courant en aanlyn
Rudy Lombard en sy vrou, Katriena, op hul troudag saam met Liza Stroebel wat hulle getrou het.
Van sy skilderye wat hy gemaak het:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'