Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Christiaan Ras, modeontwerper van Oudtshoorn, het gisteraand, in samewerking met 'n groep vriende, 'n baie geslaagde modeparade by Headlines Restaurant ten bate van liefdadigheid gehou.
Kaartjies het R50 beloop en die fondse sal aangewend word om noodsaaklikhede vir Huis Triomf aan te skaf.
Die modelle, wat almal in oorspronklike Christiaan Ras-uitrustings paradeer het, het die gaste deurentyd in vervoering met hul asemrowende rokke gehad.
Paul Amas het as seremoniemeester opgetree, terwyl House of Entertainment vir die vermaak gesorg het.
Ras het in sy toespraak 'n beroep op Oudtshoorniete gedoen om almal hande te vat om die lewens die verbeter van diegene wat nie dieselfde geleenthede in die lewe gehad het nie.
Hy het voorts ook belowe dat hierdie slegs die begin van vele liefdadigheidsprojekte is wat in die nabye toekoms van stapel gestuur gaan word.
Enige persoon of instansie wat betrokke wil raak by hierdie inisiatief, kan Christiaan by 073 469 8337 kontak.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'