OIUDTSHOORN NUUS - Die 49ste Oudtshoorn-model-vliegtuigskou begin Donderdag en eindig Maandag.
Volgens Jaco Erasmus, voorsitter van die Kango-modelvliegtuigklub, verwag hulle tussen 80 en 120 vlieëniers en meer as 200 vliegtuigies.
"Enigiemand is welkom om te kom kyk. Die hekke is Donderdag vanaf 13:00 tot 18:00 oop en Vrydag tot Maandag van 08:00 tot 18:00. Kostes is R25 vir volwassenes en R10 vir kinders."
Volgens hom is die hele gesin welkom.
"Daar is verskeie katogorieë waaraan die vlieëniers deelneem. Daar sal ook kosstalletjies en 'n kontantkroeg wees en soos gewoontlik verskaf dié skou vermaak vir die hele gesin."
Die hele gesin is welkom.
Die hekke is van 08:00 tot 18:00 oop.
Kostes is R25 vir volwassenes en R10 vir kinders.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'