OUDTSHOORN NUUS - Die Wes-Kaapse minister van finansies en ekonomiese geleenthede, David Maynier, het Oudtshoorn verlede week besoek.
Dié departement het verlede jaar die toerisme produkontwikkelingsfonds gestig waar hulle bestaande toerisme produkte, veral in landelike- en kusdorpe ondersteun.
Maynier het tydens sy besoek drie besighede, wat ook hulp van die fonds gekry het, besoek.
"Ek was baie beïndruk met die besighede se veerkragtigheid, aanpassing en innovasie ten spyte van die moeilike uitdagings weens die Covid-19-pandemie. Te danke aan die hulp van die fonds kon hulle as meer as 300 werksgeleenthede in die Wes-Kaap volhou."
Die minister se besoek het begin met 'n lugballonrit deur NOVA Hot Air Balloons waarna hulle Buffelsdrift en Wilgewandel besoek het.
Maynier het ook die Kango-grotte besoek waar die burgemeester, Chris Mcpherson, ook met die minister oor die finansiële stryd van die grotte gesels het.
"Dit is belangrik dat ons toerisme in die Wes-Kaap kan uitbrei wat ons van ander bestemmings kan onderskei."
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'