OUDTSHOORN NUUS - Die minister van gemeenskapsveiligheid in die Wes-Kaap, Dan Plato, het verlede Vrydag 16 Maart 'n verrassingsbesoek aan Van Wyksdorp Primêr gelewer.
Volgens ao. Jan Cederas, woordvoerder van die Ladismith-polisie, het Plato ongeveer 100 kinders en 50 ouers oor veiligheid in hul omgewing toegespreek.
Hy het ouers gevra om hul kinders skool toe en ook weer terug te vergesel.
"Ouers moet hul kinders help om hul drome te verwesenlik. Ouers moet nie hul kinders afbreek nie. Bou hulle op. Daar kan iets goed uit Van Wyksdorp kom.
"Plattelandse kinders is net so goed soos stadskinders. Moedig kinders aan om van laerskool na hoërskool te gaan en weer na universiteit of kollege," het Plato gesê.
Hy het ook kinders gemaan om nie by bende-aktiwiteite betrokke te raak nie.
"Hulle moet wegbly van dwelms en drank."
Hy het die ouers bedank vir die mooi werk wat hulle doen om hulle kinders na die skool te bring.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'