TUINROETE NUUS - Minché van der Westhuizen, 'n leerder van Hoërskool Oudtshoorn is gekies om in Julie aan die modelafdeling van die wêreldkampioenskap vir uitvoerende kunste in Los Angeles deel te neem.
Sy het in April in die nasionale kampioenskap in Rustenburg deelgeneem en is daar gekies om in Los Angeles mee te ding.
Minché en haar gesin het aan die einde van 2017 vanaf Upington na Calitzdorp verhuis. In Upington was sy deel van Dawrette Heyns Modeling Academy & Finishing School.
Sy het aan die begin van 2018 by Verité-Ann du Toit se Panche Akademie vir Afronding in Oudtshoorn aangesluit.
Haar voorbereiding vir die kampioenskap is met die leiding van Martie Botha, SWD-streekdirekteur van die SA kampioenskappe van uitvoerende kunste, gedoen.
Botha is ook betrokke by Minché se voorbereiding vir die wêreldkampioenskap.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'