OUDTSHOORN NUUS - Oudtshoorn Caltex, in samewerking met Oudtshoorn Ford, het vir Jeugdag sop by die Bridgton-polisiestasie uitgedeel.
Volgens Charmain Rheeder, van Oudtshoorn Ford, het hulle vier groot potte sop in 'n uur aan die inwoners naby die polisiestasie uitgedeel.
"Ons wou op dié manier vir die kindertjies van die gemeenskap leer en wys dat daar mense is wat omgee vir mekaar en dat dit goed en mooi is om jou naaste lief te hê. Die kindertjies is ook met lekkergoed bederf. Ons is geïnspireer om meer goed te wil doen in die gemeenskap en in die lewens van ons kinders. Dit was beslis nie die laaste sop uitreik vir ons nie."
Sy het ook die borge, Oudtshoorn Ford, Fruit & Veg Oudtshoorn, SG Convenience, Plaspak en Market Fisheries bedank.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'