Van die kwessies wat mense opgehaal het, sluit in:
• 'n Tekort aan kleingeld by sommige monitors;
• Mense wat net stilhou om iemand af te laai of 'n boodskap by ‘n winkel wil afgee, voel dat daar ‘n kort grasieperiode moet wees;
• Daar is geen bedelaars en onwettige motorwagte wat motoriste pla nie.
Vier sake-eienaars het gesê vir die eerste keer in jare is daar parkeerplek voor hulle winkels vir kliënte.
Een sake-eienaar het, ondanks die feit dat daar drie beskikbare parkeerplekke voor sy besigheid was nie, gesê dis ‘n 'simpel' stelsel, want 'n mens kan nie van kliënte verwag om R1,75 te betaal vir net 5 minute nie.
Oor die algemeen het die tien monitors wie se insette gevra is, gesê motoriste is vandag baie meer geneë om te betaal as gister.
Uit die 10 motoriste wat genader is, het net een gesê die nuwe stelsel is vir haar ‘n beslommernis, sy wil nie gepla word as sy klaar geparkeer het nie.
.jpg)
Hierdie bestuurder het geen probleem gehad met die R1,75 wat hy mos betaal nie. "Dit is baie beter, die meisie is vriendelik en ek dink dis 'n goeie idee."
ARTIKEL EN FOTO'S: HANNES VISSER, OUDTSHOORN COURANT-REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'