OUDTSHOORN NUUS - Die Meiringspoortpad is weer oop nadat dit gistermiddag laat vir ongeveer ‘n uur en ‘n half gesluit was nadat ‘n wolkbreuk daar uitgesak en die pad vir groot dele oorstroom is.
Macky Phillips, waarnemende hoof van provinsiale verkeer, sê padverbruikers kan met ‘n geruste hart deur Meiringspoort ry.
“Net na die wolkbreuk uitgesak het, is Meiringspoort gistermiddag vir ‘n kort ruk gesluit. Dis nou weer oop vir motoriste.”
‘Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus’