DE RUST NUUS - Sowat 561 atlete en fietsryers het verlede Saterdag in De Rust die Meiringspoort MTB and Trail Run Challenge aangepak.
Volgens een van die organiseerders was daar 'n groot verbetering op vanjaar se wedlope in terme van inskrywings, veral die van E-fietse en tandemfietse.
Die Meiringspoort Challenge het vanjaar ook as 'n Eden XCM-wedloop gekwalifiseer. Deelnemers is oudergewoonte bederf met roetes wat oor privaat grond gestrek het, voetspoorpaadjies deur 'n rivier, oor 'n bruggie en langs 'n grensdraad insluit het. Vanjaar se wedlope het uit twee veldwedrenne (9,5km en 19,5 km) en drie MTB-roetes (19,5 km, 38 km nuwe afstand) en 61,5km bestaan.
Die uitslae is as volg:
61,5km-bergfietswedren (mans)
- Zandré Gerber
- Heinie Beukus
- Ziandro Jordaan
61,5km-bergfietswedren (vroue)
- Chantelle Bosch
- Jackie Davidoff
38km-bergfietswedren (mans)
- Alec Coleske
- Streicher Swart
- Jaydan Barandt
38km-bergfietswedren (vroue)
- Isandrie du Plessis
- Marize Barnard
19,5km-bergfietswedren (mans)
- Daniel le Roux
- Dean Woolley
- Connor Kitching
19,5km-bergfietswedren (vroue)
- Nadia van Wyk
- Linke Oosthuizen
- Katinka Barnnand
9,5km veldwedren (mans)
- Francois Maquassa
- Selwyn Matthews
- Gershwill Jacobs
9,5km veldwedren (vroue)
- Annatjie Botes
- Sanell Bothma
- Micaela Chevalier
19,5km veldwedren mans
- Lloyd Bosman
- Anderson Ncube
- Bernardo Fredericks
19,5km veldwedren (vroue)
- Melissa van Rensburg
- Gayle Swanepoel
- Cornel O' Kennedy
Lloyd Bosman (regs) en Melissa van Rensburg wat albei onderskeidelik eerste geëindig het in die 19,5km-veldwedloop. Beide is ook aangewys as die King and Queen of the Hill.
Chantelle Bosch (middel) was bobaas in die 61,5 km MTB vir vroue. Jackie Davidoff (regs) en Jean-Mari Roelofse was onderskeidelik in die tweede en derde plek.
'Ons bring jou die nuutste De Rust, Klein Karoo nuus'