DE RUST NUUS - Lede van Oudtshoorn brandweer, asook brandspanne van CapeNature en Working on Fire, monitor die brand wat in die berge by Meiringspoort woed.
Die brand het verlede week bokant die waterval in Meiringspoort ontstaan as gevolg van weerlig.
Gerugte dat 'n ablusieblok by een van die uitspanplekke in Meiringspoort afgebrand het, is onwaar.
Volgens die brandweer is brandspanne ook aan die agterkant van die Swartberge besig om 'n groter brand op 'n plaas te bestry.

Die brand het verlede week bokant die waterval in Meiringspoort ontstaan.
'Ons bring jou die nuutste De Rust, Klein Karoo nuus'