KANNALAND NUUS - Kannaland se De-André Meintjies het nie net onlangs ASWD-atletiekspan gehaal en in Pietermaritzburg deelgeneem nie, maar het nou ook sy talent in rugby ten toon gestel toe hy vir die o.15 SWD-span gekies is.
Meintjies gaan vanaf 3 tot 7 Julie aan die nasionale Winterrugbytoernooi in Gauteng deelneem.
Hy sê dat sy afrigter, Kerwin Fredericks, wat hy as streng beskryf met 'n breë kennis van rugby, van dag een af in hom geglo het.
Meintjies is by die Eden-Sentraal-Karoo se proewe in Mosselbaai op 9 Mei raakgesien en het toe as vleuel en heelagter uitgedraf.
Fredericks het hom egter meer as heelagter gebruik en gevolglik is Meintjies in hierdie posisie vir die span gekies.
Op 'n vraag aan Fredericks wat sy algehele indrukke van Meintjies is, het Fredericks gesê dat hy sy toegewydheid en lojaliteit as sy sterkste bates beskou.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’