OUDTSHOORN NUUS - Een van die dorp se oudste en bekendste inwoners, Adam Wicomb, alom bekend as "Meester Ampie", van Colridge View, het op 20 Desember sy 101ste verjaardag gevier.
Die merkwaardige Meester Ampie is op 20 Desember 1920 op die plaas Matjiesrivier gebore.
Hy het sy pa verloor toe hy 10 jaar oud was en sy ma het hom, sy twee broers en twee susters, onder moeilike omstandighede alleen grootgemaak.
Meester Ampie sê hy geniet, ten spyte van sy hoë ouderdom, nog besondere goeie gesondheid.
Hy was een van die eerste leerlinge van Hoërskool Môrester en het hom in 1943 aan die destydse Athlone Onderwys Instituut in die Paarl as onderwyser bekwaam.
Na 37 jaar in die onderwys het hy in 1981 die tuig neergelê na 24 jaar as prinsipaal van die Vlakteplaas UCC Primêre Skool.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'