OUDTSHOORN NUUS - Die Mediclinic Klein Karoo se bestuurspan het vir Madibadag die speelterrein van die Nomondé- kleuterskool in Bongolethu herstel en opgekikker.
Die span het nie net die swaaie vervang nie, maar ook self ingespring met skuurpapier en 'n kwas om die klimrame en swaaie 'n nuwe laag verf te gee.
Hannes Stegmann (Mediclinic Klein Karoo se hospitaalbestuurder) vertel dat hulle graag die speelterrein vir die kinders wou regkry voordat die spannetjie môre weer terugkom skool toe.
Hannes Steggman vertel dat sy span hierdié projek vir Madibadag eintlik baie geniet het.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'