Volgens die berig is drie van die elf sterftes as gevolg van selfmoord. Volgens die Weekend Argus-joernalis, Craig Dodds, is inligting verkry uit dokumente wat aan die lede van die parlementêre oorsigkomitee vir verdediging voorgelê is. Dit volg na `n besoek aan die basis vroeër vanjaar deur die minister van verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula. Die basis is besoek na beweringe dat rekrute deur instrukteurs aangerand is.
Die dokumente is nog nie publiek gemaak nie en daar word glo gewag op `n verslag wat deur die oorsigkomitee saamgestel moet word.
Die finale verslag word binne die volgende paar weke verwag.
Na berig word sal die minister egter ook `n volgende ondersoek aanvra om die voorafgaande jare se gebeure te bekyk. Dit blyk verder dat vyf rekrute ook van 2003 tot 2010 by die basis gesterf het.
Die minister het `n ondersoekspan saamgestel nadat sy te kenne gegee het dat die eenheid se eie ondersoekspan nie gebeure na behore kon ondersoek nie.
Luidens 'n berig in die Weekend Argus het die volgende rekrute sedert 2003 by die basis gesterf (Inligting kom glo uit die betrokke dokumentasie):
- Mei 2003: TN Mbonjana sterf na hy deur gas uit `n verhitter oorval is in sy slaapkwartiere.
- Julie 2007: PM Nxumalo. Geen oorsaak word gemeld nie.
- 2008: NS Msani. Geen oorsaak word gemeld nie.
- November 2009: TD Malitisa is per ongeluk deur `n ander rekruut geskiet tydens skare beheer-oefeninge.
- April 2010: FC Makhubele sterf in sy slaap van natuurlike oorsake.
- September 2010: EN Biyela sterf in `n taxi-ongeluk terwyl hy afwesig is sonder toestemming
- 2011: WI Rampai sterf van akute follikulêre tonsilitis.
- April 2011: MT Thekiso sterf van `n hartaanval
- Junie 2011: FV Maluleke sterf tydens `n swemoefening.
- Julie 2011: HJJ van Stryp sterf van natuurlike oorsake. Hy het glo gekla oor pyne tydens oefeninge.
- Augustus 2011: MJ Khethupilwe pleeg selfmoord.
- November 2011: S Ntozini sterf van hitte-uitputting na strawwe oefening.
- December 2011: CG Nxangashe hang homself in his kamer.
- 2012: EC Bruintjies verloor haar bewussyn terwyl sy wag om `n swangerskaptoets te ondergaan. Sy sterf weens "hartkomplikasies."
- Julie 2012: Recruit NR Ngcobo pleeg selfmoord.