LADISMITH NUUS - Die matrieks van twee plaaslike skole, Hoërskool Ladismith en Ladismith Sekondêr, is op die vooraand van hul heel belangrikste eksamen tydens ‘n gesamentlike sessie met die noodsaaklike motivering geskool.
Die finale eksamen het begin op 24 Oktober.
Die sessie, wat die breinkind is van die polisieman, Henry Moses, het verlede Vrydag, 13 Oktober, in die skoolsaal van Ladismith Sekondêr plaasgevind.
Moses motiveer gereeld leerders deur na sy eie omstandighede te verwys: “As ek, wat van ‘n plaas in Hoeko kom, kon uitstyg bo my omstandighede kan julle dit ook doen. Hier voor julle staan baie rolmodelle. Kies vir jou een. As ons die jeug kan oortuig om standpunt teen misdaad in te neem, het ons ‘n veiliger toekoms."
Shaanta Lee, skoolhoof van Ladismith Sekondêr het die leerders uitgedaag: "Breek die armoede siklus deur te studeer. Koester puik idees te midde van moeilike omstandighede. Sukses is nie net afhanklik van mooi dinge nie. Agterstande en tekortkominge mag jou nie agterhou nie."
Leerders van Hoërskool Ladismith. Foto's: Deon Meyer
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’