Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Meer as 150 motorfietse vanoor die Tuinroete en Klein-Karoo het vanoggend in Oudtshoorn byeengekom as bewusmaking van die geweld teen vroue en kinders.
Bennedette Landman , een van SA se finaliste in Mev Heelal, was die inisieërder van die rit wat ook deur SABC 2 gedek is.
Verskeie motorfietsklubs in die Suid-Kaap het aan die saamtrek deelgeneem.
Landman is sedert haar aanwysing as een van die land se agt Mev Heelal-finaliste in Maart, by tientalle gemeenskapsprojekte betrokke.
Die motorfietsryers het by Braaikraal byeengekom waar gelukstrekkings gehou is en sop en koffie geniet is.
Kyk 'n video hieronder:
Bennedette Landman, een van SA se finaliste in Mev Heelal, was die inisieërder van die rit.
Bennedette Landman saam met motorfietsryers.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'