Update
OUDTSHOORN NUUS - 'n Inwoner van Oudtshoorn het besluit om die konsep van 'n 'garage sale' wat mense gereeld hou om van oorbodige goed ontslae te raak, ietwat aan te pas.
Ingrid Noble, wat ook verantwoordelik was vir die reusesukses van verlede maand se Jerusalema-uitdaging, het die afgelope drie maande haar tuin oopgestel vir mense wat dringend 'n inkomste moet verdien.
"Mense het geld nodig en soek 'n plekkie waar hulle iets kan verkoop, toe het ek gedink hoekom nie sommer my voortuin nie," het sy Saterdagoggend by haar huis by Jubileestraat 86 in Oudtshoorn-Noord gesê.
Daar was sewe stalletjies in die voortuin opgerig waar mense sonder om enige stalletjiegelde te betaal, tweedehandse ware kon verkoop.
Alhoewel die ruimte beperk is en slegs 'n sekere aantal stalletjies kan akkommodeer, kan mense wat belangstel Noble by 071 339 6993 skakel om te hoor of daar plek beskikbaar is.
Die volgende markdag word vir 5 Desember beplan en sal 'n Kersmark wees wat tot 16:00 duur.
Vorige artikel: Motorhuisverkoping met 'n verskil
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'