Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Die Wes-Kaapse minister van kultuur en sport, Anroux Marais, het vandag fietse aan die Vriende van die CP Nel Museum in Oudtshoorn oorhandig wat gaan help met erfenistoere in die dorp.
Hazel Jonker, bekende gesig in Oudtshoorn en in erfeniskringe, het die fietse namens die Vriende van die Museum ontvang.
Plaaslike toergids, Roydon Engelbrecht, gaan die toere behartig en vir toeriste aan die dorp meer wys van Oudtshoorn se erfenis en geskiedenis.
Lees meer in die volgende uitgawe van die Oudtshoorn Courant.
VIDEO:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’