Update
OUDTSHOORN NUUS - Die man wat van die moord op Bevan Manuel (41) aangekla word se saak is op 22 Maart in die Oudtshoorn-landdroshof, vir finalisering van die ondersoek, uitgestel.
Die beskuldigde, Dorion Janse, het glo op 29 November 2022 vir Manuel met 'n broodmes doodgesteek.
Die voorval het in die oorledene se ouerhuis in Duikerhof, Bridgton plaasgevind. Janse is dieselfde dag in hegtenis geneem.
Landdros Stephanie Strydom het die saak uitgestel omdat een forensiese verslag nog uitstaande is en die ondersoek dus nog nie afgehandel is nie.
Die saak sal weer op 19 April voorkom.
Vorige artikel:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’