Update
OUDTSHOORN NUUS - Die man wat van Bevan Manuel (41) se dood aangekla word se borgtog is op Maandag 20 Februarie, op dieselfde borgtogvoorwaardes uitgestel.
Landdros Stephanie Swanepoel het die saak uitgestel omdat die streekhofnavrae nog nie afgehandel is nie.
Manuel is op 29 November met 'n broodmes in sy ouerhuis doodgesteek. Darion Janse, wat die aangeklaagde is, het vlugtig voorgekom en die hof vinnig verlaat na sy borgtog verlenging.
Familie en vriende het T-hemde met 'n foto van Bevan Manuel op aangehad wat lees 'Justice for Bevan'.
Volgens Manual se familie was hulle onbewus oor Janse se borgtogaansoek.
Die familie het 'n skrywe aan brig. Susan Crawford en die hoofspeuder kol.
Mantiy gerig om die aangeklaagde nie weer op borgtog vry te laat nie.
Die rede hiervoor was dat Manual se twee susters Sasha en Kim Samuels onveilig voel siende dat hulle steeds in dieselfde huis woon waar Manual deur Janse vermoor is en die moordenaar, volgens hulle vry rondloop.
Die saak is tot 22 Maart uitgestel.
Vorige artikel: Man in sy ouerhuis vermoor
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'