OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-polisie het die afgelope naweek verskeie arrestasies vir die besit van dwelms gemaak.
Volgens ao. Gretchen Micheals, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, het die polisie op 12 Augustus stop-en-deursoek-operasies gehad waartydens verskeie persone in hegtenis geneem is.
“Daar is twee mans op Unieplein (die taxistaanplek) in hegtenis geneem. ‘n 23-jarige man is gearresteer na hy met sewe sakkies tik in sy besit gevang is. Kort daarna is daar ook ‘n 39-jarige man in hegtenis geneem na daar Mandrax-tablette in sy besit gekry is.”
Micheals sê daar is ook ‘n 23-jarige man met Mandrax-poeier in sy besit in Baron van Reedestraat gekry en ‘n 19-jarige in St. Johnstraat met Mandrax-tablette.
“Brigadier Susan Crafford, stasiebevelvoerder van Oudtshoorn het die lede vir hul goeie werk bedank.”
'Ons bring jou die nuuste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'