OUDTSHOORN NUUS = Die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) nooi hierdie maand mans uit om verantwoordelikheid vir hul gesondheid te neem deur gebruik te maak van die kankersiftingstoetse wat by Kansa-sorgsentrums beskikbaar is.
Die vyf mees algemene kankers wat mans affekteer is prostaat-, kolorektale-, long-, nie-Hodgkin-limfoom- en blaaskanker.
Gerda Strauss, KANSA se hoof van dienslewering sê dit is nie moontlik om vir al die kankertipes te toets nie, maar mans kan gebruik maak van die siftingstoetse wat wel beskikbaar is.
Op Oudtshoorn kan mans die PSA-toets teen R80 by die Quick Care Clinic in St. Johnstraat laat doen.
Afsprake kan by die kliniek self gemaak word. Skakel 044 272 0031. Vir verdere navrae skakel Odendaal by 072 133 0444.
•Lees meer in Oudtshoorn Courant en aanlyn
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'