OUDTSHOORN NUUS - Die maandelikse #trashtag skoonmaakprojek vind hierdie maand op Mandeladag, Donderdag 18 Julie plaas.
Hierdie inisiatief van Trapsuutjieprojekte nooi inwoners en besighede om eenkeer per maand handskoene aan te trek en 'n voorafbepaalde gedeelte van die dorp op te ruim.
Mandeladag se opruiming vind plaas met die samewerking van die Oudtshoorn munisipaliteit, Cango Wildlife Ranch en inwoners van Wyk 7 in Bridgton.
Vrywilligers kom om 09:45 by die hoek van Asstraat en Wolfweg in Bridgton bymekaar.
Die organisserders hoop om weer soos verlede maand, 'n hele aantal skoolleerders te betrek.
Die maandelikse skoonmaakdae word gewoonlik op Woensdae gehou, maar hierdie maan s'n is na donderdag geskuif om met Mandeladag saam te val.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'