OUDTSHOORN NUUS - Raymond le Grance, die man wat 31 Oktober die ACVV se streekbestuurder: kinderbeskerming, Eunice Strydom, in haar huis aangeval het en met 'n mes gesteek het, het vandag in die Oudtshoorn-landdroshof voorgekom.
Le Grance is 4 November op 'n klag van aanranding met die opset om ernstig te beseer in hegtenis geneem.
Die staat het egter aangedui dat die klag na poging tot moord en roof met verswarende omstandigehede verander is.
Hulle het ook 'n klag van aanranding met die opset om ernstig te beseer wat in 2019 gebeur het, by die ander twee klagte gevoeg. Le Grance verskyn dus op drie klagte.
Die saak is na Maandag vir 'n formele borgtogaansoek uitgestel.
Vorige artikel: Vrou in huis aangeval
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'