OUDTSHOORN NUUS - 'n Man (57) van Zoar wat vir die onwettige besit en vervoer van perlemoen, roekelose bestuur, opsetlike saakbeskadiging en aanranding om ernstig te beseer aangekla word, verskyn weer op 26 Januarie in die hof.
Elias Makka is op 26 Maart 2017 op die R62 tussen Zoar en Ladismith met 20 eenhede perlemoen in sy besit in hegtenis geneem waarvoor hy 'n boete van R800 000 of twee jaar gevangenisstraf in die gesig staar.
Hy word ook daarvan aangekla dat hy vir Heinrich Kleynhans met 'n mes wou steek en 'n deur en kassies van die klaer gebreek en stukkend gegooi het. Voorts word hy ook aangekla van roekelose en of nalatige bestuur met 'n Bantam-bakkie
Hy het in Desember in die Oudtshoorn-landdroshof verskyn en die saak is deur streeklanddros LA Wilkens vir verhoor in die Ladismith-streekhof tot 26 Januarie uitgestel.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'