OUDTSHOORN NUUS - 'n 40-jarige man van Oudtshoorn het homself Dinsdag aan die polisie oorhandig na hy op 'n klag van verkragting van 'n minderjarige gesoek is.
Vogens sers. Gretchen Micheals, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, het die man homself oorhandig na hy 'n dag lank deur die polisie gesoek is.
Micheals sê die ondersoek is nog in 'n baie vroeë stadium en kan hulle nie op die stadium sê waar die beweerde verkragting plaasgevind het nie.
"Sover is daar ook nog net die een klag teen die man."
Die man het Woensdag in die Oudtshoorn-landdroshof verskyn.
Oudtshoorn Courant het egter verneem dat die minderjarige glo aan die man bekend is.
Sy naam is aan Oudtshoorn Courant bekend, maar volgens die wet op seksuele misdrywe kan die beskuldigde se naam nie bekendgemaak word voor hy gepleit het nie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'