LADISMITH NUUS - James Jordaan (59) van Nissenville, alombekend as Jimpie, het Saterdagoggend, 6 Augustus, wreed omgekom na hy in sy woning doodgebrand het.
Volgens sers. Chris Spies, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, is lede van die Ladismith-polisie, in die vroeë oggendure Saterdagoggend na ’n toneel in Davidsstraat, Nissenville ontbied.
Hulle is ingelig oor ’n brand van ’n hokkie in die agterplaas.
Bure en ander inwoners van die gemeenskap het tevergeefs met tuinslange en emmers die brand probeer blus. Jordaan se verkoolde liggaam is tussen die oorblyfsels van die struktuur gevind.
"Jordaan is op die toneel dood verklaar. Alhoewel geen gemene spel vermoed word nie gaan die polisie steeds met hul ondersoek na die oorsaak van die brand."
Volgens die Brenda Stuurman, eienaar van die erf waarop Jordaan gebly het, het Jordaan ’n seun wat in Kaapstad is, maar het hy weinig met sy pa kontak gehad.
'Ons bring jou die nuutste Ladismith, Klein Karoo nuus'