Die 27-jarige Richard Jacobs het tereg gestaan op 19 aanklagte van misdade wat hy op een aand in Desember 2013 en weer op 'n aand in Januarie 2014 te Kwamandenkosi, Beaufort-Wes gepleeg het en is op 12 daarvan skuldig bevind. Hy is onskuldig bevind op sewe klagtes van verkragting.
Jacobs se voormalige saamleefmaat, die 24-jarige Bianca Botha, het in die hof aan hom gesê om sy straf “soos 'n man” te vat en dat sy vrede gemaak het met wat gebeur het.
Jacobs het Botha se gesig erg geskend maar sy het besluit om nie verdere operasies te ondergaan om haar gesig te herkonstrueer nie.