LADISMITH NUUS - Die Ladismith-polisie ondersoek 'n saak van roekelose en nalatige bestuur, sowel as 'n klag van handeldryf in dagga nadat 'n man na 'n beweerde dwelmtransaksie van die polisie af weggejaag het.
Ao. Jan Cederas, woordvoerder van die Ladismith-polisie, sê die voorval het Sondagaand om 19:00 gebeur.
"Twee mans was saam in 'n voertuig. Die passasier het uitgespring en weggehardloop toe hy die polisie gewaar. Hy is met 584 gram dagga gevang.
"Die bestuurder van die voertuig het egter weggejaag. Hy het oor verskeie stopstrate gery tot by sy woning in Johnathanstraat en die hekke gesluit.
Die woning is omring met 'n palissadeheining en dit het dit vir die polisie moeilik gemaak om die perseel te betree," het hy gesê.
'Ons bring jou die nuutste Ladismith, Klein Karoo nuus'