OUDTSHOORN NUUSFLITS - 'n Volwasse man is vanoggend lig beseer na hy met sy bromponie in 'n ongeluk betrokke was.
Die ongeluk het op die kruising van Voortrekkerweg en Plumestraat gebeur.
Die Oudtshoorn Courant het op die toneel verneem dat die drywer van die bromponie agter 'n vragmotor in Dysselsdorp se rigting onderweg was.
Die bestuurder van die vragmotor wou na bewering links in Plumestraat indraai toe die ongeluk gebeur het.
Die bestuurder van die bromponie is op die toneel behandel en na die hospitaal geneem.
Die ongeluk het op die kruising van Voortrekkerweg en Plumestraat gebeur.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'