Gallery
OUDTSHOORN NUUSFLITS - 'n Man van Bongolethu is gelukkig om te lewe na hy vanoggend net betyds uit 'n brandende huis gered is.
Volgens die bure het die man angsbevange in die huis geskree terwyl die brandweer die deur van buite af moes oopbreek. Die man kon nie vinnig genoeg die deur oopsluit nie. Hy is deur paramedici op die toneel vir rookinaseming behandel en het geen brandwonde opgedoen nie.
Die man woon saam met sy ma, broer en 'n driejarige seuntjie in die huis. Sy broer, ma en seuntjie was nie in die huis toe die brand uitgebreek het nie.
Die seuntjie en sy ouma is op die toneel vir skok behandel.
Die gesin het alles in die brand verloor.
Die oorsaak van die brand is nie op die stadium bekend nie.
Die ouma is op die toneel vir skok behandel.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'