OUDTSHOORN NUUS - ‘n 32-jarige man van Dysselsdorp, Waldo van der Ross, is onlangs tronkstraf opgelê vir huisbraak en motordiefstal.
Volgens kaptein M. Harris, bevelvoerder van die voertuigdiefstal-eenheid op Oudtshoorn, het polisielede op 25 Januarie ‘n man wat in Schoemanshoek op die plaas Berluda gekontak en gesê dat sy Quantum voertuig wat hy vir toeriste gebruik, in Van der Ross se besit gevind is.
‘n Klag van voertuigdiefstal is geopen.
“Ao. J. Botha van die voertuigdiefstal-eenheid het die saak en ondersoek en met verdere ondersoek is gevind dat die verdagte by die gastehuis ingebreek het en toegang tot die gastehuis deur die venster van die voorportaal verkry het. ‘n Klag van huisbraak is by voertuigdiefstalsaak gevoeg,” het Harris in ‘n verklaring gesê.
Volgens haar is Van der Ross skuldig bevind aan beide klagte en is hy tot onderskeidelik vyf en drie jaar gevangenisstraf gevonnis.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'