TUINROETE | KAROO NUUS - 'n 22-jarige vrou van Riversdal, is in hegtenis geneem nadat sy haar kêrel Saterdagoggend, 16 April, omstreeks 03:08 met 'n skerp voorwerp aan die linkerkant van sy bors gesteek het.
Die slagoffer, Onke Breakfast (22), is in die Riversdal-hospitaal opgeneem waar hy aan die steekwond beswyk het.
Die verdagte het op Dinsdag 19 April vlugtig in die Riversdal-landdroshof verskyn, waar die saak tot 25 April uitgestel is.
Die verdagte word tans in die Oudtshoorn-gevangenis aangehou.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'