OUDTSHOORN NUUS - Alex Nell (51), van Mpumalanga, het 'n paar dae gelede in Oudtshoorn aangekom nadat hy 'n uitmergelende 1 600 km vanaf Lydenburg (Mpumalanga) met sy fiets afgelê het.
Nell vertel dat hy sedert 1992 Suid Afrika met sy fiets deurkruis. "Ek het geen familie nie, en ek pak hierdie langafstandritte met die grootste geesdrif aan omdat ek graag met nuwe mense in aanraking wil kom".
Op 'n goeie dag lê hy maklik 70 km af en slaap hy gereeld langs die pad in sy tent.
Volgens Alex het hy nie op die oomblik 'n vaste woonadres nie, en is hy grotendeels afhanklik van sy Sassa pensioenfonds.
"Fietstegnici in dorpe wat ek besoek herstel gereeld my fiets gratis, en daarvoor is ek baie dankbaar. Fietsry is my leefstyl, en daarom laai ek ook foto's op my facebookblad af van my avonture.
Alex meld ook onder meer by elke dorp se plaaslike Polisiestasie aan, sodat hulle bewus kan wees van sy teenwoordigheid. Sommige kere slaap hy selfs by die stasie oor.
Op die oomblik gaan Alex by Klein Plaas vakansie-oord tuis, en vertrek hy oor drie dae na Beaufort-Wes".
"Enige persoon wat my wil ondersteun met kos en energiedrankies vir die pad kan my kontak by 063 433 4417."
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'