OUDTSHOORN NUUSFLITS - 'n Man is vanoggend in Oostelikeweg, aan die stasie se kant, deur 'n bakkie getref.
Volgens inligting wat die Oudtshoorn Courant op die toneel bekom het, het die bestuurder van die bakkie uit 'n parkeerarea van 'n besigheid agteruit gery en toe die man gestamp.
Die man was op pad na die herwinningsdepot wat naby die treinspoor geleë is.
Sover vasgestel kon word het hy 'n ligte kopbesering opgedoen. Hy is per ambulans na die hospitaal geneem.
'n Man is vanoggend in Oostelikeweg, aan die stasie se kant, deur 'n bakkie getref. Foto's Liezl van Niekerk
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'