OUDTSHOORN SPORTNUUS - Die 15-jarige Zack Botha was Saterdag die wenner van die 302de Oudtshoorn-parkrun by Surval-olyflandgoed met ’n wentyd van 22 minute en vier sekondes.
Altesaam 57 deelnemers het deelgeneem.
Hans van der Veen was tweede met sy tyd van 22 minute 27 sekondes en Simon le Roux derde met ‘n tyd van 22 minute 49 sekondes. Botha se ma, Marinda Botha, die vrouewennre, was met ‘n tyd van 27 minute 6 sekondes in die algehele sestiende plek.
Die voorste tien atlete:
- Zack Botha (22:07)
- Hans van der Veen (22:27)
- Simon le Roux (22:49)
- Callen du Plessis (23:15)
- Johann Botha (23:34)
- Johann Coetzer (23:37)
- Joshua Gaunt (23:52)
- Karl le Roux (23:57)
- Craig Parker (25:10)
- Amani Tupanjanin Clase (25:34)
Marinda Botha is die vrouewenner en ook ma van die manswenner, Zack Botha. Foto's: Garnett Wicomb
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'