OUDTSHOORN NUUS - Die Evangelies Lutherse Kerk het 'n pragtige blaasinstrument, 'n Euphonium tuba met 'n vierde klep wat sy note-omvang uitbrei, as geskenk van 'n Lutherse Kerk in Greifswald, Duitsland, ontvang.
Die tuba is vir gebruik deur die jeugbrigade en senior blaasorkeste van die Oudtshoorn gemeente.
Pastoor Wolf von Killian van die Oudtshoorn Lutherse Kerk, Nico Mooi van die senior blaasorkes, Pastor Matthias Tuve van Duitsland en Luwayden Jacobs van die kerk se jeugbrigade, wat die kerk in Duitsland verlede jaar besoek het, was ook teenwoordig met die oorhandiging van die tuba.
Die Euphonium tuba wat as present ontvang is.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'