OUDTSHOORN NUUS - Chad Louw, ANC-raadslid en voormalige burgemeester van Oudtshoorn, het gister 25 Februarie, sy bedankingsbrief aan die ANC neergepen en hom vandag by die PA (Patriotic Alliance) aangesluit.
Louw was ten tye van sy bedanking ook die ANC se streeksvoorsitter asook SALGA se provinsiale voorsitter.
Louw het in sy bedankingsbrief aangedui dat alhoewel hy dankbaar is vir die geleenthede wat die ANC hom gebied het, sy persoonlike lewensreis hom noodsaak om 'n paadjie te stap wat hom in staat sal stel om koers te hou by sy persoonlike oortuigings en ideale.
Lees meer in hierdie week se uitgawe van die Oudtshoorn Courant.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’