OUDTSHOORN NUUS - Animal Care Team SA (ACTSA), 'n liefdadigheidsorganisasie vir diere op Oudtshoorn, is tans besig met 'n geldinsamelingsprojek.
ACT werk met diere in en om Oudtshoorn en help met sterilisasies van honde en katte, inentings, lewer mediese dienste waar nodig en help ook om mense ten opsigte van die versorging van troeteldiere op te voed.
Hulle bestuur ook die bekende Cat Hotel op Oudtshoorn waar weeskatte huisvesting kry en die vrywilligers help om vir hulle nuwe, liefdevolle huise te gee.
Die geld wat hulle insamel help die vrywilligers om die onkostes van sterilisasies en mediese dienste te dek en ook om kos en ander benodighede vir die diere in nood te kan bekom.
Lootjies word teen R20 elk verkoop en die gelukkige wenner staan 'n kans om 'n egter leer handsak of beursie te wen.
Die trekking vind op 9 Augustus plaas. Kaartjies is te koop by die Kango Diere-kliniek of by Lee-Ann van Sittert.
Vir meer inligting skakel Lee-Ann by 083 334 0172.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'